• Spring na die inhoud
  • Spring na hoof navigasie en inteken

Nav. Sien, Soek

Navigasie

  • Tuis
  • Kontak

Font grootte

Groter.Herstel.Kleiner

Soektog

Jy is hier: Home
  • Tuis
  • Staat van Belydenis
  • Protes
  • Verklarings
  • Dagstukkies
  • Koers
  • Koersvas
  • Skietlood
  • Registreer
  • Audio Preke

Kraakvars

  • Nuut: Weeklikse preke
  • Preek-argief: Luister preke
  • KOERSVAS
  • Lewensbrood
  • Effektiewe Barmhartigheid

Meeste gelees

  • Staat van belydenis
  • Wat is die Belhar belydenis?
  • Inligtingstuk 2012
  • Het die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika nou 'n ander teologiese rigting ingeslaan?
  • Koers - Mei 2012
Powered by Spearhead Softwares Joomla Facebook Like Button

Nuut: Weeklikse preke

Preke vanuit geloofsbond gemeentes is weekliks beskikbaar op die Geloofsbond webblad by:

https://www.geloofsbond.org.za

 

Inligtingstuk 2013

Hierdie verhaal kan van vele kante toegelig word. Die verklaring wat November 2011 die lig gesien het, is ’n goeie invalhoek om dadelik die aard en intensies van die groep gelowiges duidelik te verwoord. 

Lees verder: Inligtingstuk 2013

Hofuitspraak : Soutpansberg

Nadat die hof verlede week bevind het dat mnr Kern se aansoek teen die Broodboomvereniging en die Soutpansberggemeente nie dringend is nie, het mnr Kern dieselfde aansoek weer ter rolle geplaas in die dringende hof vir aanhoring op Vrydag 13 September 2013.

  • Die regter het n prima facie aanduiding gegee dat hy gedink het die aansoek is dringend.
  • Adv du Plessis het toe aangedui dat die respondent slegs opponerende verklarings geliasseer het op dringendheid en nie op die res van die aansoek nie en dat die respondent tyd nodig het om dit te doen.

    Lees verder: Hofuitspraak : Soutpansberg

Onderhandeling in die kerk

Ds Freek van der Merwe(emiritus) het na sy bedanking as predikant van die NHKA die volgende stuk opgestel oor wat hy dink selfs op hierdie stadium `n grondslag kan vorm om `n gesprek tussen die NHKA en die Hervormde Kerke te fasiliteer.

Dit hoef nie noodwendig tot eenwording te lei nie maar wel die onsmaaklike, afbrekende en vrugtelose magsgrepe wat tot nou toe uit gehaal is, vervang. Die gesprek moet aan die gang bly maar nie rondom blamering en dreigemente nie. Sowel in Vaalwater as by die Bond vergadering het ek gevra dat ons ons weerhou van reaktiewe gesprekke en optrede. Hierby aangeheg dan 9 Punte wat ek dink `n voorlopige gesprek basis kan vorm. -  Freek van der Merwe "

Lees verder: Onderhandeling in die kerk

Reaksie op 12 April 2013 omsendbrief

Dit is nie altyd gerade om op alles te reageer nie en dit is belangrik om altyd ‘n wag voor die mond te hou.  Die ironiese propaganda vervat in die nuutste e-Hervormer wat sommer nog die volgende dag amptelike omsendskrywe-status bereik het,  kan egter nie sonder kommentaar verbygaan nie.  Ons het met uiterste skok en verbasing die amptelike dokument gelees.  Die lasterdans van sekere mense herinner aan die leeu-tart deur die tralies.  Die volgende twee opmerkings moet beantwoord word en ons doen dit sonder om uitgebreid te wil reageer.

Lees verder: Reaksie op 12 April 2013 omsendbrief

Bondsverklaring 26 Januarie 2013

Saterdag 26 Januarie 2013 sal altyd bekend staan as die dag waarop die Bond van onafhanklike Hervormde kerke tot stand gekom het. Die byeenkoms van steedsHervormers wat te Meyerspark plaasgevind het, was ‘n uiters geslaagde geleentheid. Aan God al die eer.

Lees verder: Bondsverklaring 26 Januarie 2013

Onderhoud met Ds Frans Oosthuizen

DONDERDAG 24 JANUARIE 2013

HOE LANK FUNKSIONEER JULLE AL AS ONAFHANKLIKE GEMEENTE EN HOEVEEL LIDMATE IS JULLE?
Ons Gemeente het verlede jaar Oktobermaand as onafhanklike gemeente begin funksioneer. Al ons gemeentelike gesprekke wat oor die krisis in die NHKA gevoer is, was kalm en bedaard, maar gesprekke met ‘n vasberadenheid oor ons standpunt. Alle besluite wat geneem is deur die onderskeie vergaderings was eenparige besluite met geen teenstemme nie.

Lees verder: Onderhoud met Ds Frans Oosthuizen

Reaksie op verklaring 11/2013 van NHKA

Geloofsbond van Hervormde gemeentes

Die lidmate van Selfstandige gemeentes het met diepe teleurstelling kennis geneem van die nuutste verklaring (verwoord in omsendskrywe 11/2013) van die sogenoemde Kommissie van die Algemene Vergadering. 

Lees verder: Reaksie op verklaring 11/2013 van NHKA

Statistieke

Artikels vertoon Trefslae
136656