Waarteen maak ons beswaar?
Ons maak beswaar teen die inhoud van besluit 54 van die 69ste AKV.
Ons
het dit teen die teologiese inhoud van die besluit, asook die
haelgeweerskoot-effek van 'n besluit wat duidelik nie goed oorweeg is
nie. Ons teologiese besware hou met die volgende verband:
- Die besluit bring die bevrydingsteologie in die Kerk in.
- Daar word 'n vreemde evangelie verkondig wat net die horisontale in ag neem.
- Daar word 'n vreemde mensbeeld in die besluit verwoord.
Ons het probleme met die effek van die besluit:
Die vae verwysing na apartheid hou eerder verband met die politiek.
- Daar word nie duidelik gestel wat presies dit is wat onevangelies verklaar word nie.