Jy is hier: Home Het die NHKA nou 'n ander teologiese rigting ingeslaan?
-
-
-
Hierdie saak word deur die teenparty betwis. Ons verstaan van die
teologie en die teenparty se verstaan word geregverdig deur die term
"diversiteit".
Die vraag is nou of die diversiteit binne dieselfde teologie is, en of hier nie 'n nuwe teologiese rigting is nie.
Enkele voorbeelde wat bewys dat daar 'n nuwe rigting ingeslaan word:
-
Die stelling dat apartheid in stryd is met die evangelie van Jesus
Christus, is in stryd met die uitgangspunte van die
Bybels-Reformatoriese teologie soos saamgevat in die Belydenisskrifte
van die Hervorming.
Die evangelie van Jesus Christus is saamgevat in verse soos Rom 10:9
"As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat
God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. "Die evangelie van
Jesus Christus het te doen met die sondaarmens se verlossing van sonde
en dood; nie met politieke stelsels nie.
-
Teenoor hierdie verstaan staan die Wonderboomverklaring, 'n evangelie
wat met liefde en deernis te make het, maar niks met die Vertikale
redding wat God bewerkstellig nie.
-
Vreemd aan die Sateriologie is die konsep van die beeld van God as
iets in die mens. Die gevolge van die handhawing van so 'n verstaan is
wyd. Die mens sou dan nie relasioneel wees in terme van beeldskap nie,
maar ontologies beeld van God wees. Die mens het dan hie 'n redder nodig
nie. Die totale verlore bestaan van die mens roep tog tot die
Verlosser.
Addisionele Inligting