Protes
Veertien bedankings net die begin
Klag teen Ds GJM Wolmarans
Onderhoud met Ds Frans Oosthuizen
DONDERDAG 24 JANUARIE 2013
HOE LANK FUNKSIONEER JULLE AL AS ONAFHANKLIKE GEMEENTE EN HOEVEEL LIDMATE IS JULLE?
Ons Gemeente het verlede jaar Oktobermaand as onafhanklike gemeente
begin funksioneer. Al ons gemeentelike gesprekke wat oor die krisis in
die NHKA gevoer is, was kalm en bedaard, maar gesprekke met ‘n
vasberadenheid oor ons standpunt. Alle besluite wat geneem is deur die
onderskeie vergaderings was eenparige besluite met geen teenstemme nie.
Reaksie deur dr Johan Otto op omsendskrywe 17: RIGLYNE AAN KERKRADE TEEN DIE AGTERGROND VAN KERKLIKE AFSKEIDING
(Reaksie word puntsgewys aangedui van 1-26.)
Dr. Otto:
Dit is nie altyd nodig of gewens om te reageer op elke skrywe wat die
KommAKV die lig laat sien nie. So byvoorbeeld sou daar uitgebreide
reaksie kon wees op verskeie artikels in die kerklike publikasies en
skrywes van die Moderamen en die Kommissie self. Die nuutste haatspraak
van die KommAKV roep eintlik om reaksie. Kom ons, anders as die KommAKV,
temper egter ons reaksie en onthou dat ons binne die kerk besig is.
Lees verder: Reaksie deur dr Johan Otto op omsendskrywe 17: ...
Die Hervormde Kerk in ’n krisis
- Dr Johann Beukes (Weltevreden)
Die Hervormde Kerk verkeer in ‘n krisis, maar net in soverre die Kerk
die krisis wat in die moderne kultuur self opgesluit is, assimileer of
daaraan konformeer.
Die Hervormde Kerk verkeer na waarneming in ‘n krisis. Die Hervormde
Kerk is besig om die risiko van skeuring te loop op grond van die
moontlik onversoenbare standpunte van twee of meer teenoorstaande
posisies. Maar is die saak so eenvoudig?