Onderhandeling in die kerk
- Onderhandeling in die kerk
- Praat ons dieselfde taal?
- Wie se belewenis is die waarheid?
- Eksterne mag of outentieke mag?
- Wanneer en waar groei ons optimaal?
- Persoonlikheid versus die siel?
- Kontak tussen die persoonlikheid en die siel.
- Polariteite versus digotomie
- 'n Gesonde selfkonsep.
- Emosies
- Alle Bladsye
Bladsy 9 van 10
-
'n Gesonde selfkonsep.
`n Gesonde selfkonsep en `n patologiese selfkonsep kan grafies
voorgestel word. Die gesonde persoon word dan voorgestel deur `n
volledige sirkel wat saamgestel is uit duisende polariteite wat in
onderlinge samehang geïntegreer is.
Die gesonde persoon is bewus van die mees¬te polariteite in sy
samestelling. Hy is ook bewus van daardie gevoelens en gedagtes wat nie
in sy gemeenskap toegelaat word nie. .Hy aanvaar homself. Daar mag dele
wees wat vir hom onaanvaarbaar of onbekend is. Hy ontken dit nie, maar
werk daarmee.
Die patologiese persoon het `n rigiede en stereotipe beskouing van
homself en ontken die dele wat hy as negatief ervaar. Hy is geneig om
hierdie ontkende dele op ander te projekteer. As hy van hierdie dele
bewus word, maak dit hom angstig, en omdat hy die angstigheid nie kan
beheer nie, ontwikkel hy neuro¬tiese simptome soos om uiters
kontrolerende magsgrepe uit te haal
`n Gesonde en `n patologiese selfkonsep word dan daarin onderskei dat
`n ge-sonde selfkonsep bewus is van die polariteite in homself, dit nie
ontken nie maar daarmee werk. In `n stereotiepe selfbeskouing waarin die
onaanvaarbare dele rigied ontken word, ontwikkel daar onbeheersde angs
wat uitloop op neurose.
`n Digotomie is die siening dat die veld verdeel is in mededingende
magte en diversiteit word negatief ervaar. Polariteite kan ervaar word
as komplimentêr. `n Gesonde selfkonsep herken die innerlike polariteite
en integreer dit. Die orga¬nisme neig om ervaringe te voltooi en so
volledig te lewe.