Onderhandeling in die kerk
- Onderhandeling in die kerk
- Praat ons dieselfde taal?
- Wie se belewenis is die waarheid?
- Eksterne mag of outentieke mag?
- Wanneer en waar groei ons optimaal?
- Persoonlikheid versus die siel?
- Kontak tussen die persoonlikheid en die siel.
- Polariteite versus digotomie
- 'n Gesonde selfkonsep.
- Emosies
- Alle Bladsye
Bladsy 7 van 10
-
Kontak tussen die persoonlikheid en die siel.
Die persoonlikheid is die deel van die mens wat in die tyd gebore is,
in die tyd lewe en in die tyd sterwe. Om `n mens te wees, is om `n
persoonlikheid te hê. Die persoonlikheid, soos die liggaam, is
die voertuig van ontwikkeling. Die proses vind plaas deur die besluite
en die aksies wat die individu neem. So word daar elke moment intensies
gekies wat die individu se ervaring gaan vorm.
Hierop fokus die individu dan sy aandag. Hierdie keuses beïnvloed die proses van ontwikkeling.
Die siel is die deel van die mens wat onsterflik is. Soos `n
persoonlikheid het elke individu ook `n siel. Die mens wat in sy
waarneming beperk is tot `n vyf sensoriese waarneming is nie bewus van
sy siel nie en kan daarom nie die siel se invloed herken nie.
Psigologiese ontwikkeling vind plaas by die kontak grens tussen die
individu en die omgewing of die persoonlikheid en die siel . Besluite en
optrede word voorafgegaan deur `n intensie. So bepaal intensies en
besluite die individu se ervaring en ontwikkeling. Dit beklemtoon die
belangrikheid van die individu se bewuste intensie of bedoeling met
aksies.