Onderhandeling in die kerk

  1. Persoonlikheid versus die siel?

Persoonlikheid kan vergelyk word met ‘n drywende bal. Daar is deurlopend slegs ‘n gedeelte sigbaar terwyl die res onder water is. Onbewustheid is dan die gevolge van die feit dat die organisme nie in kontak met sy eksterne omgewing is nie. Dit is so omdat dit meesal ondergedompel is in sy eie interne omgewing of fantasie of nie in voeling is met sy eie binnelewe nie as gevolg van vasgevangde aandag op die eksterne wêreld. Persoonlikheid is `n struktuur wat geskep word uit vroeë interpersoonlike verhoudinge. In die vorming van die persoonlikheid word vreemde ongeasssimileerde en selfs onassimileerbare materiaal geïnkorporeer. Dit veroorsaak dat latere konflik tussen die individu en die gemeenskap moeilik oplosbaar is.
 
Die siel is nie ‘n passiewe of teoretiese entiteit wat êrens in die borskasholte geleë is nie: Die siel is daardie deel van die mens wat die onpersoonlike aard van die energieke dinamika waarin ons betrokke is, verstaan, en wat sonder vooroordeel is.
Wanneer die persoonlikheid in diens van die siel kom en die energie van die siel dien, is daar outentieke mag.
 
Persoonlikheid moet nie positief of negatief gewaardeer moet word nie. Persoonlikheid het in siklusse ontwikkel. Die eerste siklus was die ontwikkelingsproses waar besluite geneem is deur die menslike spesie op grond van vrees en twyfel. Ontwikkeling van kennis deur die vyf sintuie het die intellek uitgebrei. As gevolg van onsekerheid is daar gesoek na eksterne mag. `n Tweeduisend jaar-siklus is nou voltooi.
 
`n Nuwe tydvak het aangebreek waarin nuwe keuses gemaak kan word. Die keuses kan nie meer op grond van vrees gemaak word om eksterne mag te bekom nie. Keuses moet gemaak word op grond van wysheid en liefde om interne kragte te ontsluit. So kom `n multi sensoriese persoonlikheid tot stand.
`n Multi sensoriese persoonlikheid is nie `n enkelvoudige en afgehandelde entiteit nie.
 
`n Gesonde persoonlikheid is altyd `n komplekse ontwikkelende samestelling met inherente polariteite wat nie noodwendig digotomië vorm nie. Die polariteite kan komplimentêr funksioneer.