Onderhandeling in die kerk
- Onderhandeling in die kerk
- Praat ons dieselfde taal?
- Wie se belewenis is die waarheid?
- Eksterne mag of outentieke mag?
- Wanneer en waar groei ons optimaal?
- Persoonlikheid versus die siel?
- Kontak tussen die persoonlikheid en die siel.
- Polariteite versus digotomie
- 'n Gesonde selfkonsep.
- Emosies
- Alle Bladsye
Bladsy 5 van 10
-
Wanneer en waar groei ons optimaal?
As die fisiese omgewing net vanuit ‘n vyf sintuiglike gesigspunt gesien
word, word die fisiese oorlewing die fundamentele maatstaf van evolusie
en fisiese oorheersing as die kenmerk van gevorderde evolusie gesien.
Dan word die basis vir lewe vrees vir nie-oorlewing. Die mees essensiële
is dan die mag om die omgewing en dit wat in die omgewing is, te
kontroleer. Dit bring ‘n gees van kompetisie mee wat alle verhoudings
beïnvloed. Die mag hiervan is ‘n eksterne mag. Dit is ‘n mag wat gesien,
gehoor, geruik, gevoel en geproe kan word en wat verraai of omgekoop
kan word. Dit kan aangewend word tot geweld en verwoesting.
Teenoor die soeke na eksterne mag om te kan oorleef, word dan gestel
die soeke na outentieke mag wat van niemand ‘n slagoffer kan maak nie.
Die eksistensialistiese filosoof Martin Buber worstel met die vraag oor
wanneer is ‘n mens werklik in staat om optimaal te groei. Hy besluit dat
dit in ‘n outentieke ontmoeting met ‘n ander mens plaasvind.
Eksterne mag is die "ek >..dit" verhouding waar die een
gespreksgenoot die ander wil gebruik as agent of middel tot ‘n doel .
Outentieke mag is die verhouding van ek>u waar die een die
ander sonder beoordeling ontmoet met onvoorwaardelike liefde.
Die groei of evolusie is van ‘n vyf sensoriese waarneming na ‘n multi
sensories waarneming waar ‘n mens waardering het vir die rol wat die
psigiese werklikheid speel in die groter prent van die ontwikkeling en
die dinamiek waar¬deur die fisiese werklikheid geskep en in stand gehou
word. In hierdie on¬sig¬bare werklikheid is die diepste waardes geleë.
Alhoewel dit ‘n onsigbare werk¬lik¬heid is wat nie deur die vyf sintuie
verken kan word nie, beskik ‘n mens wel oor die sintuie wat deeglik aan
hom sodanige inligting kan verskaf. Op grond daar¬van kan hy besluite
neem wat vir die besluitnemer so vas en seker staan dat hy selfs sy lewe
hiervoor sal opoffer.