Onderhandeling in die kerk
- Onderhandeling in die kerk
- Praat ons dieselfde taal?
- Wie se belewenis is die waarheid?
- Eksterne mag of outentieke mag?
- Wanneer en waar groei ons optimaal?
- Persoonlikheid versus die siel?
- Kontak tussen die persoonlikheid en die siel.
- Polariteite versus digotomie
- 'n Gesonde selfkonsep.
- Emosies
- Alle Bladsye
Bladsy 4 van 10
-
Eksterne mag of outentieke mag?
Oor die term multi sensories voer Zukav en Francis, (2003:14) aan: ‘The
five senses are a single system whose object of detection is the
physical world but multisensory humans can detect more. They have
hunches and insights and they see meaning in everyday circumstances,
among other things. Within a few generations all humans will be
multisensory.’ Die multi sensoriese mens wil nie net die magte hê
wat hy deur sy sensoriese vermoëns kan kry nie. Die multi sensoriese
mens sien mag in ‘n ander lig, naamlik om die mens ingestem te kry op
die siel. Groter bewuswording moet plaasvind van die eks¬terne wêreld
van die mens, maar ook van sy interne wêreld. Die mens is meer as net
ensieme en molekules, meer as net liggaam en verstand. Mense het nie
nodig om te glo dat hulle ‘n siel het nie, hulle ervaar hulle is siel.
‘n Vyf sensoriese wetenskap gaan van die veronderstelling uit dat die
fisiese werk¬lik¬heid bewustheid vorm, terwyl ‘n multi sensoriese
wetenskap aanvaar dat be¬wust¬heid die fisiese werklikheid vorm. Multi
sensories is om instinktief te weet wat waarheid in eie konteks is.