Onderhandeling in die kerk
- Onderhandeling in die kerk
- Praat ons dieselfde taal?
- Wie se belewenis is die waarheid?
- Eksterne mag of outentieke mag?
- Wanneer en waar groei ons optimaal?
- Persoonlikheid versus die siel?
- Kontak tussen die persoonlikheid en die siel.
- Polariteite versus digotomie
- 'n Gesonde selfkonsep.
- Emosies
- Alle Bladsye
Bladsy 2 van 10
-
Praat ons dieselfde taal?
Die kerk (ons) sal bereid moet wees om geskikte konsepte en konstrukte te vind sodat ons dieselfde taal praat.
Konsepte is nie waar of vals nie, maar wel meer of minder betekenisvol.
Konseptualisering is die gedagteproses in ons gedagte wanneer ons
indrukke en persepsies versamel en hulle ooreenkomste waarneem en dan
die ooreenkomste saamvoeg.
So ontstaan ‘n nuwe enkele gedagte wat die ooreenkomste uitdruk en dit
‘n naam gee. As dit ‘n naam het, word dit ‘n konsep. As konsepte
saamgevoeg word vir ‘n spesifieke wetenskaplike doel of vir ‘n
teoretiese raamwerk, dan is dit ‘n konstruk. Die verskillende konsepte
wat hier bespreek word, vorm saam die konstruk "Kommunikasie".