Onderhandeling in die kerk
- Onderhandeling in die kerk
- Praat ons dieselfde taal?
- Wie se belewenis is die waarheid?
- Eksterne mag of outentieke mag?
- Wanneer en waar groei ons optimaal?
- Persoonlikheid versus die siel?
- Kontak tussen die persoonlikheid en die siel.
- Polariteite versus digotomie
- 'n Gesonde selfkonsep.
- Emosies
- Alle Bladsye
Bladsy 10 van 10
-
Emosies
Die energie vir emosies is afkomstig van die opwindende afwagting wat
inherent in elke lewende organisme teenwoordig is. Hierdie opgewonde
afwagting word getransformeer in spesifieke emosies in ooreenstemming
met die situasie.
Emosies word nie bemiddel deur gedagtes en verbale oordele nie, maar is
onmiddellik en direk. Daarom is emosies ‘n belangrike regulering van
optrede.
Emosies voorsien nie net die basis van bewustheid van wat belangrik is
nie, maar verskaf ook energie vir toepaslike optrede. As die energie nie
dadelik beskikbaar is nie, verskaf dit die rigting waarin dit gesoek
moet word.
Emosies is unieke voorsieners van belewenis waarvoor daar geen
substituut bestaan nie. Emosies is die manier waarop ‘n mens bewus word
van wat vir hom belangrik is . Hierdie funksie van emosies is in die
samelewing negatief waardeer. Kalmte is gesien as ‘n talent. Kalmte of
om geen emosie te wys nie, is dikwels om ander mense te bedrieg en nie
die boodskap van die ware gevoelens deur te gee nie.
Emosies is nooit afwesig nie. Skynbare ongevoeligheid is so ’n sterk
emosie dat dit eintlik uit bewustheid uitgesluit word. Hierdie gedrag
word van ouers na kinders oorgedra. Die kind word dan geleer om sterk
emosies te onderdruk met die vertoon van ‘konvensionele’ self kontrole.
Dit word grootliks verkry deur die eksterne wêreld te beklemtoon as die
werklikheid terwyl die aansporing van die organismiese behoeftes wat
bewus gemaak word deur emosies, afgemaak word as nie werklik nie.
Emosies is nie ‘n bedreiging vir rasionele kontrole nie, maar ‘n gids
wat die enigste basis voorsien waarop menslike bestaan rasioneel georden
kan word.
As ‘n mens hierdie insig het, dan kan hy die voortgaande bewustheid ontgin van sy emosies se wyse aansporings.
Samevatting:
Emosies :
- moet waardeer word as bron van inligting;
- is energie;
- is 'n voortdurende proses;
- lê die verband tussen die oorsprong daarvan en die optrede wat daaruit voortvloei;
- reflekteer intensies;
- kom spontaan by kinders voor;
- kan onderdruk word deur aangeleerde konvensionele selfbeheer van die individu se kant; en
- is 'n multi sensoriese sintuig wat bewustelik gebruik moet word.
- << Vorige
- Volgende